Beeskraal


DAAR is ’n paar dinge wat die manne van Beeskraal wil regkry, maar hulle wil veral Afrikaanse rock gewilder maak. ‘‘Rock in Amerika is net so groot soos enige ander soort musiek, maar in Suid-Afrika moet ons nog baie doen om so ver te vorder,’’ sê Charles Smidt, die sanger- kitaarspeler van die groep. Werner Fensham – of Zippo, soos almal hom noem – is die baskitaarspeler, Michael van Zyl speel tromme en Jaco van Deventer, wat al so drie jaar soms saam met die groep opgetree het en die afgelope drie maande ’n vaste lid is, speel ritmekitaar en konsertina. Baie mense het eers gedink Beeskraal is net ’n foefie. Hoe kan rock-musiek met ’n konsertina daarby klink? Maar toe behaal die groep sukses: Geraas- en Kanna-toekennings, ’n Sama-benoeming. Hulle is ál Afrikaanse groep wat deur die regering gevra is om in 2002 op die World Food Hunger-konsert op te tree. In 2002 was hulle ook deel van die Vryheidsdagvierings voor ’n reuse skare by die Uniegebou in Pretoria. Die groep se derde CD, Plaasdorp, is in verlede Junie uitgereik en het reeds verkope van meer as 15 000 gehaal. ‘‘Ons wil ’n bietjie wegbeweeg van die boeremusiek-rock en meer volwasse rock maak,’’ verduidelik Charles. ‘‘Verandering is goed en ek glo die groep sal daardeur groei.’’ Vir hulle is die onmin onder sommige Afrikaanse kunstenaars ’n onding. ‘‘Daar moet nie ’n skeidslyn tussen kunstenaars wees nie,’’ sê Michael. ‘‘Daar is ’n plekkie in die son...

Related Artist

Top Tracks

Copyright © 2019 | Mrtzcmp3